Fleet Street

'n Straatbord in Fleet Street

Fleet Street is 'n straat in die City of London wat na die Fleet, Londen se grootste ondergrondse rivier, vernoem is. Tot met die 1980's was die uitgewerye, redaksiekantore en drukkerye van Britse nasionale dagblaaie hier gesetel en het rolperse die straat saans laat bewe. Vragmotors het miljoene pasgedrukte dagblaaie na stasies, lughawens of ander bestemmings vervoer.[1] Die eerste drukpers in Fleet Street is reeds teen die einde van die 15de eeu in bedryf gestel, en in 1702 het die eerste dagblad verskyn.

Tegnologiese vooruitgang en strukturele veranderinge in die koerantmark het die einde van Fleet Street as Britse koerantsentrum ingelui namate nuwe moderne drukaanlegte in stadsdele soos Wapping en Canary Wharf ontstaan het. Alhoewel die laaste oorblywende nuusagentskap, Reuters, sy kantore in 2005 gesluit en na Canary Wharf verskuif het, word die term Fleet Street steeds as 'n sinoniem vir die nasionale pers in die Verenigde Koninkryk gebruik.

  1. Sarel van der Walt: Fleet Street nie dieselfde. In: Volksblad, 27 Januarie 2005. Besoek op 5 Junie 2014[dooie skakel]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search